Welkom by die Mont Paradiso Webwerf
Mont Paradiso gastehuis is geleë in die Magalies Natuurreservaat. Dit skep die regte ontspanne en rustige atmosfeer vir die besigheids persoon na ‘n lang en vermoeiende dag om te kom ontspan.
Gaste word hier verwelkom deur die mooiste uitsig oor die stad en die natuurskoon. Die kamers is smaakvol gemebuleer met ‘n skoon wit en vars voorkoms. Jy kan jou verlustig in ons pragtige tuine met die voël lewe of ‘n glasie wyn op die terras en jou verlustig aan die mooiste sons ondergang. Jy kan selfs ‘n gesellige braai saam met die ander gaste geniet.
Vir die die meer sportiewe en buitelug persone is daar die uitdaging om die 345 trappies na bo aan te durf en jou verder te verlustig aan die uitsig en die plantegroei en dierelewe op die berg. Of jy kan langs die verhitte swembad ontspan of die die jaquzzi gebruik indien jy meer privaat wil wees. Dit terwyl jy oor die stad kyk.
Elke kamer het sy eie badkamer, Dstv, lugverkoeling, koffie en tee fasiliteite, toegang tot die internet en kraakvars linne. Elke gas het sy eie onderdak parkering in ‘n baie veilige omgewing.
Ons is trots om te sê dat ons 4 ster gradering het en dat ons gaste altyd eerste gestel word. Kom en ervaar ons gasvryheid en raak een van ons vriende.
Akkommodasie Sluit Die Volgende In:
- 8 Smaakvol gemeubuleerde kamers met en-suite badkamers (storte)
- Lugverkoelers
- Dstv
- Koffie en tee fasisliteite
- Haardroër
- Internet toegang
- Swembad
- Wassery teen ‘n ekstra koste.
Luukse Kamer
Vir daardie spesiale wegbreek geleenthede soos ‘n wittebrood of ‘n herdenking.
Dit is spesiaal uitgelê vir ‘n gerieflike verblyf. ‘n en-suite badkamer met ‘n spa-bad, klein kombuis, sitkamer en ‘n slaapkamer. Koffie en tee fasiliteite, Lugversorging, Dstv, haardroër. Op versoek kan ons ook blomme, sjokolade, sjampanje uitgesit en ‘n skuimbad voorberei word, teen ‘n exstra tarief.
Eet Saal
Ons smaakvol gemebuleerde eetsaal kan tot 30 mense akkommodeer. Hier kan gaste ‘n ete, wat met liefde voorberei is kom geniet en die romantiese atmosfeer met die stad se liggies aan jou voete ervaar.
Ekstra Dienste
Ons voorsien gaste van inligting van alle besienswaardighede in en om Pretoria. Ons het ook ‘n diens om gaste van en na die lughawe te vervoer en ook na al die besienswaardighede.
Ons is geleë naby die N1, Loftus Versfeld, Waltloo, WNNR, Wonderboom lughawe, Universiteit van Pretoria, hospitale en mediese instansies en vele winkel sentrums. Ook naby die Unie gebou, Austin Roberts voëlplaas, De Wildt jagluiperd plaas, Hartebeespoort dam, Callinan diamante myndorp en die Pretoria Dieretuin.
Ons is ook naby die Roslyn, Waltloo en Koedoespoort industriële areas geleë.
U kuier by ons sal u altyd by bly vir ons huislike, rustige en gasvrye omgewing.
|